Daniel 2:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hulle het weer geantwoord en gesê: Laat die koning die droom aan sy dienaars vertel, en ons sal die uitlegging daarvan te kenne gee.
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle sê toe weer vir die koning: “Sê net vir u dienaars wat u gedroom het, dan sal ons kan sê wat dit beteken.”
Afrikaans 1933/1953
Hulle het vir die tweede maal geantwoord en gesê: Laat die koning die droom aan sy dienaars vertel; dan sal ons die uitlegging te kenne gee.
Afrikaans 1983
Hulle sê toe weer vir die koning: “U Majesteit moet die droom vir ons vertel, dan sal ons dit uitlê.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle het 'n tweede keer geantwoord en gesê: “Die koning moet die droom vir sy dienaars vertel, dan sal ons die uitleg gee.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die slim mense het weer gesê: “Koning, jy moet eers vir ons sê wat jy gedroom het, dan sal ons sê wat dit beteken.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle sê toe weer vir die koning: “Asseblief, U Majesteit, vertel ons net wat u gedroom het, dan verduidelik ons vir u wat dit beteken.”