Daniel 2:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die koning het geantwoord en gesê: Ek weet verseker dat julle tyd sal wen, want julle sien dat die ding van my weg is.
Afrikaans (NLV) 2011
Die koning sê toe: “Dis vir my duidelik dat julle probeer tyd wen. Julle het gesien dat my besluit vasstaan.
Afrikaans 1933/1953
Die koning het geantwoord en gesê: Ek weet verseker dat julle tyd wil win, omdat julle sien dat die saak by my vasstaan;
Afrikaans 1983
Toe sê die koning: “Ek weet goed julle wil net tyd wen omdat julle sien ek het klaar besluit
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarop antwoord die koning en sê: “Ek weet sonder twyfel dat julle probeer tyd wen, omdat julle gesien het dat die saak by my vasstaan,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe sê die koning vir hulle: “Ek weet julle wil eers dink wat julle moet doen. Julle weet ek het klaar besluit
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Dis nes ek gedink het!” het Nebukadnesar gebulder. “Julle is besig om vir tyd te speel omdat julle weet ek is ernstig oor wat ek gesê het.