Daniel 2:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar as julle die droom nie aan my bekend maak nie, is daar net een bevel vir julle: want julle het leuenagtige en verdorwe woorde voorberei om voor my aangesig te spreek totdat die tyd verander het; vertel my dan die droom, en ek sal weet dat julle kan my die uitlegging daarvan wys.
Afrikaans (NLV) 2011
As julle nie vir my sê wat ek gedroom het nie, bly daar net een ding vir julle oor. Julle sweer saam om aan my leuens te verkoop in die hoop dat ek die besluit sal verander. Sê vir my wat ek gedroom het, dan sal ek weet dat julle ook kan verklaar wat dit beteken.”
Afrikaans 1933/1953
want as julle my die droom nie bekend maak nie, is julle vonnis een en dieselfde; julle het naamlik afgespreek om 'n leuenagtige en bedrieglike woord voor my te spreek totdat die tyd weer verander; daarom, vertel my die droom, dan sal ek weet of julle my sy uitlegging kan te kenne gee.
Afrikaans 1983
dat as julle die droom nie uitlê nie, daar vir julle net een straf voorlê! Daarom het julle afgespreek om vir my 'n klomp leuens te vertel totdat die omstandighede mag verander. Vertel vir my die droom dat ek kan weet of julle sy uitleg kan gee.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
en dat, as julle aan my nie die droom bekend kan maak nie, net een wet vir julle geld! Gevolglik het julle oor 'n vals en leuenagtige verklaring ooreengekom, om dié aan my oor te dra, totdat die tyd gunstiger is. Daarom, vertel vir my die droom! Ek sal dan weet of julle sy uitleg aan my bekend kan maak.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
wat ek met julle sal doen as julle nie vir my kan sê wat ek gedroom het nie. Julle wil eers saam besluit om vir my iets te vertel wat nie waar is nie. Julle hoop daar gebeur iets wat julle sal help. Daarom, sê nou vir my wat ek gedroom het, dan sal ek weet julle kan ook vir my sê wat dit beteken.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
As julle nie my droom onmiddellik uitlê nie, is dit verby met julle. Julle het saam besluit om aan te hou om vir my leuens te vertel in die hoop dat iets dalk kan verander. Ek wil nóú by julle weet wat ek gedroom het sodat ek kan sien dat julle ook die droom kan uitlê!”