Daniel 3:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
U, o koning, het 'n bevel gemaak dat elkeen wat die geluid van die kornet, fluit, harp, tjoekie, harp, slingervel en allerhande musiekinstrumente hoor, sal neerval en die goue beeld aanbid.
Afrikaans (NLV) 2011
U Majesteit het mos ’n bevel uitgereik dat elkeen wat die geluid van die trompet, fluit, siter, lier, harp of enige ander musiekinstrument hoor, dadelik moet neerval en die goue beeld aanbid.
Afrikaans 1933/1953
U, o koning, het 'n bevel gegee dat elke mens wat die geluid van horing, fluit, siter, luit, harp en doedelsak en van allerhande musiekinstrumente hoor, moet neerval en die goue beeld aanbid;
Afrikaans 1983
U het 'n bevel uitgevaardig dat enigiemand wat die geluid hoor van trompet, fluit, siter, lier, harp, 'n ander blaas- of musiekinstrument, voor die goue beeld moet buig en dit moet aanbid.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
U, o koning, u het 'n bevel uitgevaardig dat elke mens wat die geluid van die horing, rietfluit, siter, lier en harp in harmonie, ja, al die musiekinstrumente, hoor, moet neerval en aan die goue beeld eer betoon.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jy, Koning, het gesê almal moet voor die goue beeld buig wanneer hulle musiek hoor,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
U het mos die opdrag gegee dat as die musiek begin, almal voor die goue standbeeld moet kniel en dit moet aanbid,