Daniel 3:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe het Nebukadnésar in sy woede en woede bevel gegee om Sadrag, Mesag en Abednego te bring. Toe het hulle hierdie manne voor die koning gebring.
Afrikaans (NLV) 2011
Nebukadnesar was woedend en hy het beveel dat Sadrag, Mesag en Abednego na hom toe gebring moet word. Toe hulle voor die koning kom,
Afrikaans 1933/1953
Toe het Nebukadn,sar, toornig en woedend, bevel gegee om Sadrag, Mesag en Abedn,go te laat kom. Daarop is die manne voor die koning gebring.
Afrikaans 1983
Toe het Nebukadnesar woedend geword en vir Sadrag, Mesag en Abednego laat kom. Dié manne is voor die koning gebring,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe het Nebukadnesar, rasend van woede, beveel dat Sadrag, Mesag en Abednego gehaal moet word. Hierdie manne is toe voor die koning gebring.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Koning Nebukadnesar het baie kwaad geword. Hy het gesê sy soldate moet vir Sadrag, Mesag en Abed-Nego bring. Toe hulle voor koning Nebukadnesar staan,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hieroor was Nebukadnesar baie kwaad. Hy het opdrag gegee dat Sadrag, Mesag en Abednego na hom toe gebring moet word. Toe hulle voor hom staan,