Daniel 3:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Nebukadnésar het gespreek en vir hulle gesê: Is dit waar, Sadrag, Mesag en Abednego, dien julle nie my gode en aanbid julle nie die goue beeld wat ek opgerig het nie?
Afrikaans (NLV) 2011
het Nebukadnesar vir hulle gevra: “Sadrag, Mesag en Abednego, is dit waar dat julle nie aan my gode eer wil bewys nie en nie die goue beeld wat ek opgerig het, wil aanbid nie?
Afrikaans 1933/1953
En Nebukadn,sar het gespreek en vir hulle gesê: Is dit met opset, Sadrag, Mesag en Abedn,go, dat julle my gode nie dien nie en die goue beeld wat ek opgerig het, nie aanbid nie?
Afrikaans 1983
en Nebukadnesar het vir hulle gesê: “Is dit waar, Sadrag, Mesag en Abednego, dat julle my god nie dien nie, die goue beeld wat ek laat oprig het, nie aanbid nie?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Nebukadnesar het begin deur vir hulle te sê: “Is dit regtig so, Sadrag, Mesag en Abednego, dat julle my gode nie dien nie en aan die goue beeld wat ek opgerig het, nie eer betoon nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
sê hy vir hulle: “Sadrag, Mesag en Abed-Nego, is dit waar dat julle nie my god wil dien nie? Is dit waar dat julle nie wil buig voor die beeld wat ek gemaak het nie?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
het Nebukadnesar vir hulle gevra: “Sadrag, Mesag en Abednego, is dit waar dat julle weier om my gode te aanbid en om voor die goue beeld wat ek gemaak het te kniel?