Daniel 3:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En as julle gereed is om op watter tyd julle die geluid van die kornet, fluit, harp, tjoekie, harp, en blinder en allerhande musiekinstrumente hoor, val julle neer en aanbid die beeld wat Ek gemaak het; wel, maar as julle nie aanbid nie, sal julle in dieselfde uur in die middel van 'n brandende vuuroond gegooi word; en wie is die God wat jou uit my hande sal verlos?
Afrikaans (NLV) 2011
Kyk, ek gee julle nog een keer kans. Luister wanneer julle die musiekinstrumente hoor speel en aanbid die beeld wat ek gemaak het. As julle dit nie aanbid nie, sal julle onmiddellik in die vlammende oond gegooi word. Watter god sal julle dán uit my hand kan red?”
Afrikaans 1933/1953
As julle dan nou, sodra julle die geluid van horing, fluit, siter, luit, harp en doedelsak en van allerhande musiekinstrumente hoor, bereid is om neer te val en die beeld wat ek gemaak het, te aanbid, goed; maar as julle nie aanbid nie, sal julle oombliklik binne-in die brandende vuuroond gegooi word, en wie is die God wat julle uit my hand kan verlos?
Afrikaans 1983
Nou kyk, dit sal in orde wees as julle bereid is om te buig en die beeld te aanbid sodra julle die geluid hoor van trompet, fluit, siter, lier, harp, 'n ander blaas- of musiekinstrument. Maar as julle hom nie aanbid nie, sal julle dadelik in 'n brandende oond gegooi word, en watter god sal julle uit my mag kan red?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Nou, as julle bereid is om, sodra julle die geluid hoor van die horing, rietfluit, siter, lier en harp, in harmonie, ja, al die musiekinstrumente, neer te val en aan die beeld wat ek gemaak het, eer te betoon, goed en wel. Maar as julle nie eer betoon nie, sal julle dadelik binne-in die vlammende vuuroond gegooi word. Wie is die god wat julle dan uit my hand sal red?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Nou, wanneer julle musiek hoor en julle buig voor die goue beeld wat ek gemaak het, dan sal dit goed wees. Maar as julle nie buig nie, dan sal my manne julle dadelik in die groot vuur gooi. Ek sal dit met julle doen. Daar is nie 'n god wat my kan stop nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek gaan julle nog een kans gee. As julle bereid is om voor die standbeeld te kniel en dit te aanbid as julle die musiek hoor, sal ek niks aan julle doen nie. Maar as julle weier, sal julle dadelik in die vuurwarm oond gegooi word. Dink mooi, want watter god sal julle daaruit kan red?”