Daniel 3:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
As dit so is, kan ons God wat ons dien, ons verlos uit die brandende vuuroond, en Hy sal ons uit u hand red, o koning.
Afrikaans (NLV) 2011
Die God wat ons aanbid, kán ons uit die vuur red. Hy sal ons uit u mag bevry, U Majesteit.
Afrikaans 1933/1953
As onse God wat ons dien, in staat is om ons te verlos, dan sal Hy ons uit die brandende vuuroond en uit u hand, o koning, verlos;
Afrikaans 1983
Ons het ons God vir wie ons dien. Hy het die mag om ons te red uit die brandende oond, en Hy sal ons ook red uit u mag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
As ons God wat ons dien ons kan red uit die vlammende vuuroond en uit u hand, o koning, sal Hy ons red.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ons God kan ons red, ons dien Hom, en Hy sal keer dat ons nie brand nie wanneer jy ons in die vuur gooi.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die God wat ons dien, kan ons uit die oond en uit u mag red as Hy wil.