Daniel 3:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar so nie, laat dit aan u bekend wees, o koning, dat ons u gode nie sal dien en die goue beeld wat u opgerig het, nie sal aanbid nie.
Afrikaans (NLV) 2011
En selfs al red Hy ons nie, U Majesteit, sal ons nie u gode vereer nie. Ons sal nie die goue beeld wat u gemaak het, aanbid nie.”
Afrikaans 1933/1953
maar so nie, laat dit u dan bekend wees, o koning, dat ons u gode nie sal dien nie en die goue beeld wat u opgerig het, nie sal aanbid nie.
Afrikaans 1983
Selfs as Hy dit nie doen nie, moet u weet dat ons u god nie sal dien nie, die goue beeld wat u laat oprig het, nie sal aanbid nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Indien nie, laat dit dan aan u bekend wees, o koning, dat ons u gode nie sal dien nie, en aan die goue beeld wat u opgerig het, nie eer sal betoon nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar, Koning, jy moet weet, ook as ons God ons nie red nie, dan sal ons nie jou god dien nie en ons sal nie buig voor die beeld wat jy gemaak het nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
En selfs al wil Hy nie, kan u maar seker weet dat ons nooit u gode of die goue beeld wat u laat maak het, sal dien en aanbid nie.”