Daniel 3:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe het koning Nebukadnésar gestuur om die vorste, die goewerneurs en die owerstes, die regters, die skatmeesters, die raadgewers, die balju en al die owerstes van die provinsies bymekaar te bring om by die inwyding van die beeld te kom wat koning Nebukadnésar opgestel het.
Afrikaans (NLV) 2011
Nebukadnesar het toe opdrag aan al sy amptenare, hoofgoewerneurs, goewerneurs, raadgewers, skatmeesters, regters, magistrate en al die amptenare van die provinsies gegee om bymekaar te kom vir die ingebruikneming van die beeld wat hy laat oprig het.
Afrikaans 1933/1953
Daarna het koning Nebukadn,sar die landvoogde, die bevelhebbers en die goewerneurs, die raadsmanne, die skatmeesters, die regters, die hoofamptenare en al die bestuurders van die provinsies laat versamel, dat hulle moes kom na die inwyding van die beeld wat koning Nebukadn,sar opgerig het.
Afrikaans 1983
Toe het hy opdrag gegee dat al sy amptenare, die goewerneurs-generaal, die goewerneurs, die administrateurs, die raadgewers, die tesourieamptenare, die regters, die landdroste, al die hoofamptenare van die provinsie, bymekaar moes kom vir die wyding van die beeld wat die koning laat oprig het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Koning Nebukadnesar ontbied toe die satrape, landvoogde, •streekgoewerneurs, raadgewers, skatmeesters, regters en amptenare, ja, al die •hoë amptenare van die provinsies, om na die wydingsgeleentheid van die beeld wat koning Nebukadnesar opgerig het, te kom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe laat roep koning Nebukadnesar al die belangrike amptenare in die land om daar te wees wanneer hulle die beeld wy wat koning Nebukadnesar regop laat staan het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe het hy beveel dat al sy amptenare, die prinse, die hoofde, die administrateurs, die raadgewers, die bankiers, die regters, die landdroste en al die ander belangrike amptenare van die provinsies bymekaar moes kom vir die inwyding van die beeld wat hy laat oprig het.