Daniel 3:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy het die magtige manne wat in sy leër was, bevel gegee om Sadrag, Mesag en Abednego te bind en hulle in die brandende vuuroond te gooi.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy het sterk mans uit sy leër aangesê om Sadrag, Mesag en Abednego vas te bind en hulle in die oond met sy skroeiende vlamme te gooi.
Afrikaans 1933/1953
En aan sommige van die sterkste manne wat in sy leër was, het hy bevel gegee om Sadrag, Mesag en Abedn,go te boei, om hulle in die brandende vuuroond te gooi.
Afrikaans 1983
Daarna het hy van die sterkste manne in sy lyfwag beveel om vir Sadrag, Mesag en Abednego vas te bind en hulle in die brandende oond te gooi.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy het manne, die sterkste manne in sy leër, beveel om Sadrag, Mesag en Abednego vas te bind en in die vlammende vuuroond te gooi.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe het hy vir sy soldate gesê hulle moet vir Sadrag, Mesag en Abed-Nego vasbind en in die vuur gooi.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daarna het hy van die sterkste soldate beveel om vir Sadrag, Mesag en Abednego vas te bind en hulle in die vuurwarm oond te gooi.