Daniel 3:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe is hierdie manne gebind in hulle rokke, hulle hose en hulle hoede en hulle ander klere, en hulle is in die middel van die brandende vuuroond gegooi.
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle het toe die drie mans vasgebind en hulle in die brandende oond gegooi met hulle klere en al.
Afrikaans 1933/1953
Toe is daardie manne geboei met hulle mantels, hulle broeke en hulle tulbande en hulle ander klere aan, en hulle is binne-in die brandende vuuroond gegooi.
Afrikaans 1983
Hulle is toe vasgebind en sommer met hulle hemde, broeke en kopdoeke, met al hulle klere, in die brandende oond gegooi.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hierdie manne is toe met hulle klere aan, in hulle mantels, broeke en tulbande, vasgebind en binne-in die vlammende vuuroond gegooi.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die soldate het hulle vasgebind en in die vuur gegooi. Sadrag, Mesag en Abed-Nego het nog al hulle klere aangehad.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle is toe vasgebind en sommer met klere en al in die rooiwarm oond gegooi.