Daniel 3:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daarom, omdat die koning se bevel dringend was en die oond baie warm was, het die vuurvlam daardie manne gedood wat Sadrag, Mesag en Abednego opgeneem het.
Afrikaans (NLV) 2011
Omdat die koning beveel het dat die vuur so warm gemaak moet word, het die vlamme uit die oond die mense doodgebrand wat Sadrag, Mesag en Abednego in die oond gegooi het.
Afrikaans 1933/1953
Omdat dan nou die woord van die koning streng en die oond uitermate verhit was, het die vlam van die vuur daardie manne wat Sadrag, Mesag en Abedn,go opgeneem het, doodgebrand.
Afrikaans 1983
Omdat die koning se opdrag so streng was, was die oond so verskriklik warm dat die manne wat vir Sadrag, Mesag en Abednego moes ingooi, deur die vlamme doodgebrand is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
As gevolg van die streng opdrag van die koning en die oond wat uitermate verhit was, het die vlamme van die vuur daardie manne wat vir Sadrag, Mesag en Abednego opgetel het, doodgebrand.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die koning het gesê die vuur moet warm wees, en dit was baie warm. Die vlamme het die soldate doodgebrand wat die drie manne in die vuur gegooi het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Omdat die koning in sy woede opdrag gegee het dat die vuur verskriklik warm gemaak moes word, het die hitte van die oond die soldate verbrand toe hulle die drie in die oond gegooi het.