Daniel 3:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe was koning Nebukadnésar verbaas, en hy het haastig opgestaan en aan sy raadgewers gesê: Het ons nie drie manne geboeid tussen die vuur in gegooi nie? Hulle antwoord en sê vir die koning: Dit is waar, o koning!
Afrikaans (NLV) 2011
Koning Nebukadnesar was egter verstom. Hy het opgespring en vir sy raadgewers gevra: “Was dit nie drie mans wat ons vasgebind het en in die vuur gegooi het nie?” “Ja, beslis, U Majesteit,” het hulle vir hom gesê.
Afrikaans 1933/1953
Toe het koning Nebukadn,sar verskrik geword en haastig opgestaan; hy het sy raadsmanne toegespreek en gesê: Het ons nie drie manne geboeid binne-in die vuur gegooi nie? Hulle antwoord en sê aan die koning: Sekerlik, o koning!
Afrikaans 1983
Toe het koning Nebukadnesar verskrik opgespring en vir sy raadgewers gevra: “Het ons dan nie drie manne vasgebind in die oond gegooi nie?” En hulle sê vir hom: “Dit is so, U Majesteit!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe skrik koning Nebukadnesar, spring vervaard op en vra vir sy raadsmanne: “Het ons nie drie manne binne-in die vuuroond gegooi terwyl hulle vasgebind was nie?” Hulle antwoord toe en sê vir die koning: “Ja, beslis, o koning!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar toe skrik koning Nebukadnesar groot en hy staan op. Hy vra toe vir sy raadgewers: “Het ons drie manne in die vuur gegooi, en was hulle vasgebind?” Hulle het vir die koning gesê: “Ja, Koning, dit is so.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Skielik het Nebukadnesar van verbasing opgespring en vir sy raadgewers gevra: “Het ons nie net drie mans vasgemaak en in die oond gegooi nie?” “Dit is waar, U Majesteit,” het hulle geantwoord.