Daniel 3:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hy antwoord en sê: Kyk, ek sien vier manne los wat in die middel van die vuur loop, en hulle het geen seer nie; en die vorm van die vierde is soos die Seun van God.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy sê toe vir hulle: “Ek sien dan vier mans in die oond rondloop. Hulle is nie vasgebind nie. Hulle makeer niks. Die vierde een lyk soos ’n bo-aardse wese.”
Afrikaans 1933/1953
Hy antwoord en sê: Kyk, ek sien vier manne los binne-in die vuur wandel sonder dat daar 'n letsel aan hulle is; en die voorkoms van die vierde lyk soos die van 'n godeseun.
Afrikaans 1983
Hy sê toe: “Maar ek sien dan vier manne wat vry en ongedeerd rondbeweeg in die vuur, en die vierde lyk soos 'n hemelwese!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
waarop hy toe antwoord en sê: “Kyk! Ek sien vier manne los rondstap binne-in die vuuroond, en daar is geen letsel aan hulle nie; en die vierde se voorkoms is soos dié van 'n godeseun.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe sê die koning: “Ek sien nou vier manne. Hulle is nie vasgebind nie. Hulle loop in die vuur rond en hulle makeer niks. Ek sien die vierde man lyk soos 'n engel.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Wel, hoekom sien ek dan vier mense daar in die vuur rondloop? Kyk, hulle is nie eers vasgebind nie en die vuur doen net mooi niks aan hulle nie. Boonop lyk die vierde persoon vir my net soos ’n hemelwese.”