Daniel 3:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe het Nebukadnésar nader gekom na die opening van die brandende vuuroond en gespreek en gesê: Sadrag, Mesag en Abednego, knegte van die Allerhoogste God, kom uit en kom hierheen. Toe het Sadrag, Mesag en Abednego uit die vuur uitgekom.
Afrikaans (NLV) 2011
Nebukadnesar het so naby hy kan aan die deur van die vlammende oond gaan staan. Hy het geroep: “Sadrag, Mesag en Abednego, dienaars van God die Allerhoogste, kom uit en kom hier na my toe!” Sadrag, Mesag en Abednego het toe uit die vlammende oond gekom.
Afrikaans 1933/1953
Toe het Nebukadn,sar nader gekom na die opening van die brandende vuuroond en daarop gesê: Sadrag, Mesag en Abedn,go, knegte van die allerhoogste God, gaan uit en kom hier! Toe het Sadrag, Mesag en Abedn,go uit die vuuroond uitgegaan.
Afrikaans 1983
Toe het Nebukadnesar na die bek van die brandende oond toe gekom en geroep: “Sadrag, Mesag en Abednego, dienaars van die allerhoogste God, kom uit hierheen!” En Sadrag, Mesag en Abednego het uit die oond uitgekom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarop gaan Nebukadnesar nader na die opening van die vlammende vuuroond en sê toe: “Sadrag, Mesag en Abednego, diensknegte van die Allerhoogste God, kom uit en kom hier!” Toe kom Sadrag, Mesag en Abednego reg uit die vuuroond.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Nebukadnesar het nader gegaan na die deur van die groot oond waarin die vuur was. Hy het gesê: “Sadrag, Mesag en Abed-Nego, dienaars van die Hoogste God, kom uit!” Hulle het uitgekom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Nebukadnesar het toe na die oond toe gestap en geroep: “Sadrag, Mesag en Abednego, dienaars van die allerhoogste God, kom uit!” Hulle het dadelik uit die oond gekom.