Daniel 3:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die vorste, goewerneurs en owerstes en die koning se raadgewers, wat bymekaar was, het hierdie manne gesien, op wie se liggame die vuur geen krag gehad het nie, en ook nie 'n haar van hulle hoof gesing is nie, en hulle klere is nie verander nie, en ook nie die reuk van vuur het oor hulle gegaan.
Afrikaans (NLV) 2011
Die amptenare, hoofgoewerneurs, goewerneurs en ministers van die koning het om hulle saamgedrom. Hulle het gesien dat die vuur niks aan hulle gemaak het nie. Die hare op hulle kop was nie eers geskroei nie. Hulle klere het niks oorgekom nie en hulle het nie na rook geruik nie.
Afrikaans 1933/1953
Daarop het die landvoogde, die bevelhebbers en die goewerneurs en die raadsmanne van die koning vergader en aan daardie manne gesien dat die vuur geen mag oor hulle liggame gehad en die hare van hulle hoof nie geskroei het nie, en dat hulle mantels geen verandering ondergaan en die reuk van die vuur nie aan hulle gekom het nie.
Afrikaans 1983
Toe die goewerneurs-generaal, die goewerneurs, die administrateurs en die raadgewers van die koning nader kom, sien hulle aan die manne dat die vuur niks aan hulle liggame kon doen nie, dat hulle hare op hulle koppe nie eens geskroei was nie en dat hulle klere niks makeer nie; jy kon nie eens ruik dat hulle in die vuur was nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die satrape, landvoogde, streekgoewerneurs en raadsmanne van die koning het byeengekom en merk toe aan hierdie manne dat die vuur nie mag gehad het oor hulle liggame nie, dat die hare op hulle koppe nie geskroei was nie, dat hulle mantels nie verander het nie, en dat daar geen brandreuk aan hulle was nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die belangrike amptenare het almal kom kyk en hulle het gesien dat die vuur nie die drie manne gebrand het nie. Dit het nie die hare op hulle koppe gebrand nie. Hulle klere was nog dieselfde en dit het ook nie soos vuur geruik nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Al die prinse, premiers, administrateurs en ander amptenare van die koning het nader gekom om na die drie mans te kyk. Hulle was verstom om te sien dat die vuur niks aan hulle gedoen het nie. Hulle hare was nie geskroei nie en daar was nie ’n enkele brandmerk aan hulle klere nie. Hulle het nie eens na rook geruik nie.