Daniel 3:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe het 'n aankondiger hardop uitgeroep: Aan julle is dit gebied, o volke, nasies en tale!
Afrikaans (NLV) 2011
’n Aankondiger het hardop uitgeroep: “Luister na dié bevel, alle volke, nasies en tale:
Afrikaans 1933/1953
En 'n uitroeper het hardop geroep: Julle word aangesê, o volke, nasies en tale,
Afrikaans 1983
'n Aankondiger het hard geroep: “Alle volke, nasies en taalgroepe, julle word beveel:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarna het 'n herout hardop uitgeroep: “Julle word beveel, volke, nasies en taalgroepe:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe het een van die koning se amptenare baie hard gepraat en gesê: “Julle almal wat uit baie lande kom en baie verskillende tale praat, julle moet luister na wat die koning sê:
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe het ’n aankondiger hard uitgeroep: “Mense van alle volke, nasies en taalgroepe, hierdie is die koning se bevel: