Daniel 3:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Op watter tyd julle die geluid van die kornet, fluit, siter, sakbottel, harp, harp en allerhande musiekinstrumente hoor, val julle neer en aanbid die goue beeld wat koning Nebukadnésar opgerig het.
Afrikaans (NLV) 2011
Sodra julle die trompet hoor blaas en die fluit, siter, lier, harp en ander blaas- en musiekinstrumente hoor, moet julle neerval en tot die goue beeld bid wat koning Nebukadnesar laat oprig het.
Afrikaans 1933/1953
sodra julle die geluid hoor van horing, fluit, siter, luit, harp, doedelsak en van allerhande musiekinstrumente, moet julle neerval en die goue beeld aanbid wat koning Nebukadn,sar opgerig het.
Afrikaans 1983
Wanneer julle die geluid hoor van trompet, fluit, siter, lier, harp, 'n ander blaas- of musiekinstrument, moet julle buig voor die goue beeld wat koning Nebukadnesar laat oprig het, en dit aanbid.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Sodra julle die geluid hoor van die horing, rietfluit, siter, lier en harp, in harmonie, ja, al die musiekinstrumente, moet julle neerval en eer betoon aan die goue beeld wat koning Nebukadnesar opgerig het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Wanneer julle musiek hoor, dan moet julle buig voor die goue beeld wat koning Nebukadnesar gemaak het. Julle moet voor die beeld buig soos 'n mens voor 'n god buig.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Sodra julle die trompette, fluite, siters, liere, harpe en ander blaas- en musiekinstrumente hoor, moet julle voor die goue beeld kniel wat koning Nebukadnesar laat maak het en dit aanbid.