Daniel 4:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
So was die gesigte van my hoof in my bed; Ek het gesien, en kyk, daar was 'n boom in die middel van die aarde, en sy hoogte was groot.
Afrikaans (NLV) 2011
“‘Ek het op my bed gelê en in die middel van die wêreld ’n hoë boom gesien.
Afrikaans 1933/1953
Wat nou die gesigte van my hoof op my bed betref -- ek het gesien, en kyk, daar was 'n boom in die middel van die aarde, en sy hoogte was groot.
Afrikaans 1983
“Ek het hierdie visioen in my slaap gehad: “Toe ek kyk, sien ek 'n boom in die middel van die aarde, en dit was baie hoog.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Wat die visioene in my kop daar in my bed betref: Ek het gesien, kyk, daar was 'n boom in die middel van die aarde, en sy hoogte was geweldig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek het geslaap, en toe sien ek daar staan 'n boom in die middel van die aarde. Die boom was baie hoog.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Ek het hierdie visioen in my slaap gehad: ek het ’n groot boom in die middel van die aarde sien staan.