Daniel 4:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Sy blare was mooi, en sy vrugte was baie, en daarin was voedsel vir almal: die diere van die veld het skaduwee daaronder gehad, en die voëls van die hemel het in sy takke gewoon, en alle vlees is daarvan gevoed.
Afrikaans (NLV) 2011
Dit het groen blare gehad en genoeg vrugte gedra dat almal daarvan kon eet. Die diere van die veld het in sy skaduwee gestaan. Die voëls van die lug het daarin nes gemaak. Almal wat leef, kon van sy vrugte lewe.
Afrikaans 1933/1953
Sy blare was mooi en sy vrugte baie, en aan hom was vir alles voedsel; onder hom het die diere van die veld skaduwee gesoek, en in sy takke het die voëls van die hemel gewoon, ja, alle vlees is daardeur gevoed.
Afrikaans 1983
Sy blare was mooi en sy vrugte was groot, daar was genoeg kos aan hom vir die hele wêreld. Onder hom het die wilde diere skaduwee gesoek, en in sy takke het die voëls nes gemaak. Alles wat leef, het van hom hulle kos gekry.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Sy blare was mooi en sy vrugte baie. Daar was kos aan hom vir almal. Onder hom het die diere van die veld skaduwee gevind, en in sy takke was die voëls van die hemel tuis – al wat leef, is deur hom gevoed.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die boom het mooi blare en baie vrugte gehad. Almal kon van sy vrugte eet. Die diere het onder die boom kom lê, en die voëls het in sy takke gewoon. Die boom se vrugte was kos vir al die mense en die diere.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Sy blare was dig en lowergroen en daar was soveel vrugte aan die boom dat daar genoeg was vir almal om van te eet. Die wilde diere het in die skaduwee van die boom kom lê en rus en die voëls het in sy takke nes gemaak. Almal het van die boom se vrugte geëet.