Daniel 4:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek het in die gesigte van my hoof op my bed gesien, en kyk, 'n wagter en 'n heilige het uit die hemel neergedaal;
Afrikaans (NLV) 2011
“‘Terwyl ek op my bed lê en droom, het daar ’n bo-aardse wese uit die hemel uitgekom.
Afrikaans 1933/1953
Ek het in die gesigte van my hoof op my bed gesien, en kyk, 'n bode, naamlik 'n heilige, het uit die hemel neergedaal;
Afrikaans 1983
“Toe ek nog so kyk, terwyl ek in my slaap die visioen sien, kom daar 'n wag, 'n engel, uit die hemel uit af.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daar in my bed het ek in die visioene in my kop gesien: Kyk, 'n boodskapper, 'n heilige, was besig om uit die hemel neer te daal.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“ ‘Ek het geslaap en gedroom daar kom 'n heilige engel uit die hemel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Terwyl ek nog so lê en droom, het ek ’n hemelse wese, ’n opsigter uit die hemel, sien kom.