Daniel 4:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar laat die stomp van sy wortels in die aarde, met 'n band van yster en koper, in die sagte gras van die veld; en laat dit nat word met die dou van die hemel, en laat sy deel wees met die diere in die gras van die aarde.
Afrikaans (NLV) 2011
Laat staan net sy stomp en sy wortels tussen die gras in die grond met ’n band van yster en koper om. Die dou uit die lug moet hom natmaak. Hy moet saam met die diere in die oop veld bly.
Afrikaans 1933/1953
Maar laat sy penwortel in die aarde staan, en dit met 'n band van yster en koper in die groen gras van die veld; en laat hy deur die dou van die hemel natgemaak word en saam met die diere deel hê aan die plante van die aarde.
Afrikaans 1983
Maar bind 'n yster- en 'n bronsband om sy stomp en laat dit in die grond bly saam met die gras in die veld. Nebukadnesar moet snags deur die dou natgemaak word en van plante leef saam met die wilde diere.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar sy penwortel – laat dit in die grond, vasgeketting met yster en brons in die groenigheid van die veld. Van die dou van die hemel sal hy nat word, en met die diere sal hy die gras van die aarde deel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar moenie die boom se stam uithaal nie, laat staan dit in die grond. Sit 'n band van yster en brons om die stam en laat die stam tussen die gras staan. Die dou uit die lug moet die stam natmaak. Nebukadnesar moet wilde plante eet soos die diere.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Los net die stomp van die boom met sy wortels in die grond met die gras wat daarom groei. Bind dan ’n band van yster en brons om die stomp. Dit sal elke aand op ’n mens dou omdat hy buite moet slaap en hy sal saam met die diere van plante leef.