Daniel 4:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Laat sy hart verander word van die mens s'n, en laat 'n dier se hart aan hom gegee word; en laat sewe maal oor hom gaan.
Afrikaans (NLV) 2011
Laat sy geaardheid word soos dié van ’n dier, en laat dit vir sewe tydperke aanhou.
Afrikaans 1933/1953
Laat sy hart anders word as die van 'n mens en 'n dierehart aan hom gegee word, en laat sewe tydperke oor hom heengaan.
Afrikaans 1983
Sy verstand moet anders word as dié van 'n mens, hy moet die verstand van 'n dier kry. Dit moet sewe tydperke lank oor hom kom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Sy hart sal verander weg van dié van 'n mens, en die hart van 'n dier sal aan hom gegee word. Sewe tydperke sal oor hom heen gaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Sy verstand moet verander, dit moet sewe jaar lank soos 'n dier se verstand word.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy sal sewe jaar lank nie soos ’n mens dink en reageer nie, maar soos ’n dier.