Daniel 4:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe was Daniël, wie se naam Béltsasar was, een uur lank verbaas, en sy gedagtes het hom verskrik. Die koning het gespreek en gesê: Béltsasar, laat die droom of die uitlegging daarvan jou nie pla nie. Béltsasar antwoord en sê: My heer, die droom is vir die wat u haat, en die uitlegging daarvan vir u vyande.
Afrikaans (NLV) 2011
“Daniël, ook genoem Beltsasar, was vir ’n ruk lank verbysterd. Hy was ontsteld oor wat in sy gedagtes opgekom het. Die koning sê toe: ‘Beltsasar, jy moenie dat die droom en sy betekenis jou omkrap nie.’ “Beltsasar het geantwoord: ‘U Majesteit, ek wens die droom en sy betekenis het eerder met u vyande gebeur.
Afrikaans 1933/1953
Toe het Daniël, wie se naam B,ltsasar was, 'n oomblik verstom gestaan en sy gedagtes het hom verskrik. Die koning het daarop gespreek en gesê: B,ltsasar, laat die droom en die uitlegging jou nie verskrik nie. B,ltsasar het geantwoord en gesê: My heer, mag die droom u haters en sy uitlegging u teëstanders oorkom.
Afrikaans 1983
Toe het Daniël, ook genoem Beltsasar, 'n oomblik verstom gestaan, verbyster deur sy gedagtes. Die koning het vir hom gesê: “Moenie dat die droom en sy uitleg jou ontstel nie, Beltsasar.” Beltsasar het geantwoord: “U Majesteit, het die droom maar eerder op u vyande geslaan, die uitleg op u teëstanders!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarop was Daniël, wie se naam Beltsasar was, vir 'n kort tydjie verbysterd, en sy gedagtes het hom verskrik. Die koning sê toe: “Beltsasar, moenie dat die droom en sy uitleg jou ontstel nie!” Beltsasar het geantwoord en gesê: “My heer, was die droom maar vir u haters en sy uitleg vir u teenstanders bedoel!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daniël, wie se ander naam Beltsassar was, het groot geskrik en baie bang geword. Maar die koning het gesê: “Beltsassar, jy moenie skrik oor die droom en oor wat dit beteken nie.” Beltsassar sê toe: “Koning, dit is 'n slegte droom. Ek wens jou vyande het dit gedroom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe Daniël, wat ook Beltsasar genoem is, dit hoor, was hy aanvanklik so geskok dat hy nie ’n woord kon uitkry nie. Maar die koning het vir hom gesê: “Beltsasar, jy moenie dat die droom en sy betekenis jou so ontstel nie.” Hierop het Beltsasar hom geantwoord: “O, hoe wens ek tog dat die gebeure wat in hierdie droom voorspel word, eerder met u vyande sou gebeur en nie met U Majesteit nie!