Daniel 4:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die boom wat jy gesien het, wat gegroei en sterk was, wie se hoogte tot aan die hemel reik, en sy gesig tot op die hele aarde;
Afrikaans (NLV) 2011
Die boom wat u gesien groei en grootword het sodat almal oor die hele wêreld dit kon sien,
Afrikaans 1933/1953
Die boom wat u gesien het -- wat groot en sterk geword het, en waarvan die hoogte tot aan die hemel gereik het en wat vir die hele aarde sigbaar was,
Afrikaans 1983
Die boom wat u gesien het, wat so groot en sterk geword het dat sy top aan die hemel geraak het, en wat oral op die aarde sigbaar was,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die boom wat u gesien het, “wat gegroei en sterk geword het, waarvan die hoogte tot aan die hemel reik, wat oor die hele aarde sigbaar is,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jy het 'n boom gesien wat baie hoog en sterk geword het, die boom het aan die hemel geraak. Al die mense op die aarde kon die boom sien.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
U het ’n groot boom gesien wat so groot en sterk geword het dat dit aan die hemel geraak het sodat almal dit kon sien.