Daniel 4:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Dit is u, o koning, wat gegroei en sterk geword het, want u grootheid het gegroei en reik tot aan die hemel en u heerskappy tot aan die einde van die aarde.
Afrikaans (NLV) 2011
is u self. U Majesteit, u het groot en sterk geword. U aansien het hemelhoog geword. U regeer tot by die uithoeke van die aarde.
Afrikaans 1933/1953
dit is u, o koning, wat groot en sterk geword het, wie se grootheid toegeneem het en reik tot aan die hemel en u heerskappy tot aan die einde van die aarde.
Afrikaans 1983
die boom is u, U Majesteit. U het groot en sterk geword, u grootheid raak selfs aan die hemel, u mag strek oor die hele aarde.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“is u, o koning, wat gegroei en sterk geword het. U grootheid het gegroei en tot aan die hemel gereik, en u heerskappy tot aan die einde van die aarde.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Koning, die boom is jy. Jy het koning van die hele aarde geword.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daardie boom is u, U Majesteit! U het magtig en sterk geword; u roem is selfs in die hemel bekend; u mag strek oor die hele aarde.