Daniel 4:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En omdat hulle beveel het om die stomp van die boomwortels te laat staan; jou koninkryk sal vir jou verseker wees, nadat jy geweet het dat die hemele heers.
Afrikaans (NLV) 2011
Dat hulle gesê het die boomstomp en sy wortels moet in die grond oorbly, beteken dat u u koningskap weer sal terugkry sodra u erken het dat dit die hemele is wat eintlik regeer.
Afrikaans 1933/1953
En dat hulle bevel gegee het om die penwortel van die boom te laat staan -- u koningskap sal vir u bestendig wees vandat u erken het dat die hemel heers.
Afrikaans 1983
Die bevel dat die boom se stomp in die grond moet bly, beteken dat u koningskap herstel sal word sodra u erken dat die Hemel regeer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dat daar bevel gegee is om die penwortel van die boom te laat staan, beteken dat u koningskap vir u behoue sal bly, sodra u erken dat die hemel heers.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die engel het ook gesê die boom se stam moet bly staan. Dit beteken jy sal weer koning word wanneer jy weet dit is God wat regeer, God in die hemel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die feit dat die engel die opdrag gegee het dat die stomp moet bly staan, beteken dat u weer u koninkryk sal terugkry sodra u geleer het dat die God van die hemel oor alles heers.