Daniel 4:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daarom, o koning, laat my raad vir U welgevallig wees, en breek U sondes af deur geregtigheid en U ongeregtighede deur barmhartigheid te bewys aan die armes; as dit 'n verlenging van jou rustigheid mag wees.
Afrikaans (NLV) 2011
“‘O Koning, luister tog na my raad. Breek met u sondes en doen wat reg is. Los u onregverdigheid en sorg vir dié wat behoeftig is. Miskien hou u voorspoed dan nog ’n bietjie langer.’
Afrikaans 1933/1953
Daarom, o koning, laat my raad u welgevallig wees en breek met u sondes deur geregtigheid en met u ongeregtighede deur genade te bewys aan die ellendiges as daar verlenging van u rus moet wees.
Afrikaans 1983
Daarom, U Majesteit, luister na my raad: breek met u sonde en u ongeregtigheid, doen wat reg is en bewys barmhartigheid teenoor dié wat in nood is. Dan sal u voorspoed aanhou.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarom, o koning, mag my raad vir u aanvaarbaar wees: Breek deur die regte optrede met u sonde en met u ongeregtigheid, deur guns te betoon aan armes – miskien sal u voorspoed lank duur.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daarom, Koning, jy moet doen wat ek vir jou sê: Jy moet ophou om sonde te doen. Jy moet reg doen aan die arm mense en jy moet goed wees vir hulle. Dan sal dit goed gaan met jou.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
U Majesteit, luister asseblief na my! Breek met u sonde deur te doen wat reg is en goed te wees vir die armes. Wie weet of u voorspoed nie dalk kan aanhou nie.”