Daniel 4:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hoe groot is sy tekens! en hoe magtig is sy wonders! sy koninkryk is 'n ewige koninkryk, en sy heerskappy is van geslag tot geslag.
Afrikaans (NLV) 2011
“Hoe groot is sy tekens en hoe magtig sy wonders! Sy koninkryk hou nooit op nie. Hy heers oor geslag na geslag.
Afrikaans 1933/1953
Hoe groot is sy tekens, en hoe magtig sy wonders! Sy koninkryk is 'n ewige koninkryk, en sy heerskappy is van geslag tot geslag!
Afrikaans 1983
“Hoe groot is sy tekens, hoe magtig sy wonders! Sy koninkryk is 'n ewige koninkryk, sy heerskappy duur van geslag tot geslag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Sy tekens – hoe groot is hulle nie, en sy wonders – hoe magtig is hulle nie! Sy koninkryk is 'n ewige koninkryk, en sy heerskappy is van geslag tot geslag.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Sy tekens en wonderwerke is groot en wonderlik. Hy sal altyd Koning wees, Hy sal altyd regeer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Hoe asemrowend is sy tekens! Hoe ongelooflik is sy wonders! God is vir ewig koning en Hy heers vir ewig!