Daniel 4:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die koning het gespreek en gesê: Is dit nie die groot Babel wat ek gebou het vir die huis van die koninkryk deur die mag van my krag en tot eer van my majesteit nie?
Afrikaans (NLV) 2011
Hy spog toe by homself: ‘Ek het hierdie grote Babel met my eie mag as my koninklike tuiste opgebou om ’n teken te wees van my grootheid!’
Afrikaans 1933/1953
het die koning aangehef en gesê: Is dit nie die groot Babel wat ek opgebou het tot 'n koninklike verblyf, deur die sterkte van my vermoë, en tot verheerliking van my majesteit nie?
Afrikaans 1983
het hy gesê: “Kyk net hoe groot is Babel! Deur my groot mag het ek daarvan 'n koningstad gemaak, tot my eer en roem.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die koning het toe begin praat en gesê: “Is dit nie die grote Babel wat ek tot 'n koninklike verblyf opgebou het deur die krag van my vermoë en tot verheerliking van my majesteit nie?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hy het gesê: “Kyk hoe groot is die stad Babel. Dit is 'n stad vir 'n koning. Ek het dit gebou, ek, die groot koning.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
het hy oor die stad uitgekyk en gesê: “Kyk net watter asemrowende stad is Babel! Deur my eie mag en krag het ek hierdie hoofstad gebou om vir die wêreld te wys hoe groot en belangrik ek is.”