Daniel 4:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Terwyl die woord in die mond van die koning was, het daar 'n stem uit die hemel geval wat gesê het: Koning Nebukadnésar, dit is aan jou gespreek; Die koninkryk het van jou gewyk.
Afrikaans (NLV) 2011
“Terwyl die koning nog besig was om so te praat, het ’n stem van bo uit die lug gekom: ‘Koning Nebukadnesar, hierdie boodskap is vir jou: Jou koningskap word van jou af weggevat!
Afrikaans 1933/1953
Terwyl die woord nog in die mond van die koning was, val daar 'n stem uit die hemel: Koning Nebukadn,sar, jou word aangesê -- die koningskap word jou ontneem;
Afrikaans 1983
Sy woorde was nog nie koud nie toe kom daar 'n stem uit die hemel: “Daar is besluit, koning Nebukadnesar, dat jy uit jou koningskap onthef gaan word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die woorde was nog op die lippe van die koning, toe val daar 'n stem uit die hemel: “Aan jou, koning Nebukadnesar, word gesê, ‘Die koningskap het van jou gewyk.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe die koning dit sê, het hy Iemand gehoor praat uit die hemel. Hy het gesê: “Koning Nebukadnesar, jy sal nie meer koning wees nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Sy woorde was nog nie behoorlik koud nie, toe sê ’n stem uit die hemel: “Koning Nebukadnesar, so is besluit: jou koninkryk word nou van jou af weggevat.