Daniel 4:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hulle sal jou van die mense verdryf, en jou woning sal by die diere van die veld wees; hulle sal jou gras soos beeste laat eet, en sewe maal sal by jou verbygaan totdat jy weet dat die Allerhoogste regeer in die koninkryk van mense, en gee dit aan wie Hy wil.
Afrikaans (NLV) 2011
Jy word van die mense af weggejaag. Jy sal tussen die diere van die veld gaan bly. Jy sal gras eet soos ’n bees. Daar sal vir jou sewe tydperke verbygaan totdat jy erken dat God die Allerhoogste regeer oor die koninkryke van die mense en dit vir enigeen gee soos Hy wil.’
Afrikaans 1933/1953
en hulle sal jou uit die mensdom verstoot, en jou woning sal saam met die diere van die veld wees; hulle sal jou plante laat eet soos die beeste, en sewe tydperke sal oor jou heengaan, totdat jy erken dat die Allerhoogste mag het oor die koningskap van die mens en dit gee aan wie Hy wil.
Afrikaans 1983
Jy sal uit die menslike samelewing uitgestoot word en saam met die wilde diere moet leef en gras moet eet soos beeste. Dit sal sewe tydperke lank oor jou kom. Dan sal jy moet erken dat die Allerhoogste mag het oor die koninkryke op aarde en dit gee aan wie Hy wil.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle gaan jou uitdryf, weg van mense af, en by die diere van die veld sal jou woning wees. Soos vir beeste sal hulle jou gras voer. Sewe tydperke sal oor jou heen gaan, totdat jy erken dat die Allerhoogste magtig is oor 'n menslike koninkryk, en dat Hy dit gee aan wie Hy wil.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die mense sal jou wegjaag. Jy sal by die diere gaan bly en jy sal sewe jaar lank gras eet soos 'n bees. Dan sal jy weet dit is die Hoogste God wat besluit wie koning sal wees.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Jy gaan uit die gemeenskap weggedryf word sodat jy saam met die wilde diere in die veld sal leef en gras sal eet soos ’n bees, sewe jaar lank. Dan sal jy erken dat die allerhoogste God oor al die aardse koninkryke heers en dat Hy dit kan gee aan wie Hy wil.”