Daniel 4:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
In dieselfde uur het die saak oor Nebukadnésar gebeur: en hy is van die mense verdryf en het gras soos osse geëet, en sy liggaam was nat van die dou van die hemel, totdat sy hare gegroei het soos arendsvere en sy naels soos voëls ' kloue.
Afrikaans (NLV) 2011
“Die woorde was skaars koud toe dit so gebeur het. Nebukadnesar is van die mense af weggejaag. Hy het gras begin eet soos ’n bees. Die dou het uit die lug op hom geval. Sy hare het so lank geword soos ’n arend se vere en sy naels het soos ’n voël se kloue geword.
Afrikaans 1933/1953
Dieselfde oomblik het die woord in vervulling gegaan oor Nebukadn,sar -- hy is uit die mensdom verstoot en het plante geëet soos die beeste, en deur die dou van die hemel is sy liggaam natgemaak, totdat sy hare lank geword het soos die vere van arende, en sy naels soos die van voëls.
Afrikaans 1983
Op dieselfde oomblik het oor Nebukadnesar gekom wat oor hom gesê is. Hy is uit die menslike samelewing uitgestoot en moes gras eet soos beeste. Hy is snags deur die dou van die hemel natgemaak, en sy hare het so lank geword soos die vere van 'n arend en sy naels soos dié van 'n voël.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die uitspraak is dadelik vervul oor Nebukadnesar, en hy is uitgedryf, weg van mense af. Hy het gras geëet soos beeste, en van die dou van die hemel het sy liggaam nat geword, totdat sy hare soos die vere van arende, en sy naels soos die kloue van voëls uitgegroei het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Alles wat Daniël gesê het, het dadelik gebeur met koning Nebukadnesar. Die mense het hom weggejaag. Hy moes gras eet soos 'n bees, en die dou het hom natgemaak. Sy hare het so lank geword soos 'n arend se vere, en sy naels het so lank geword soos 'n voël se naels.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dit het dadelik gebeur. Nebukadnesar is uit die gemeenskap weggejaag en hy het gras geëet soos ’n bees. Elke nag het die dou hom sopnat gedou. Sy hare het naderhand so lank geword dat dit op sy skouers gehang het en sy naels het soos die kloue van ’n voël gelyk.