Daniel 4:35 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En al die bewoners van die aarde word as niks geag nie; en hy doen volgens sy wil in die leër van die hemel en onder die bewoners van die aarde; en niemand kan sy hand terughou of vir hom sê: Wat doen jy?
Afrikaans (NLV) 2011
“Almal wat op aarde woon, is niks in vergelyking met Hom nie. Hy maak soos Hy wil met die inwoners van die hemel en dié wat op aarde woon. Niemand kan Hom teëgaan nie. En niemand kan vir Hom sê: ‘Wat doen jy?’ nie.
Afrikaans 1933/1953
En al die aardbewoners word as niks geag nie, en na sy wil handel Hy met die leër van die hemel en die bewoners van die aarde, en daar is niemand wat sy hand kan afslaan en vir Hom kan sê: Wat doen U nie?
Afrikaans 1983
Teenoor Hom is al die bewoners van die aarde soos niks; Hy doen soos Hy besluit met die hemelse magte en met die mense op aarde. Daar is niemand wat Hom daarvan kan weerhou en vir Hom kan sê: ‘Wat doen U?’ nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Al die bewoners van die aarde word as niks gereken; Hy doen met die hemelse leër en die bewoners van die aarde wat Hy wil. Daar is niemand wat sy hand kan afweer of vir Hom kan vra nie, ‘Wat het U gedoen?’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die mense op die aarde is nie belangrik nie, hulle is almal soos niks. God doen wat Hy wil met die sterre in die lug en met die mense op die aarde. Niemand kan Hom keer nie, niemand mag vir Hom vra: ‘Wat doen U?’ nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die mense op aarde is niks in vergelyking met Hom nie. Hy doen net wat Hy wil met die magte van die hemel en die mense op die aarde. Niemand kan Hom teëstaan of vir Hom vra: ‘Wat doen U?’ nie.