Daniel 4:37 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En ek, Nebukadnésar, loof en prys en eer die Koning van die hemel, almal wie se werke waarheid is en sy weë oordeel; en Hy kan die wat in trots wandel, verneder.
Afrikaans (NLV) 2011
“As gevolg hiervan loof en verheerlik en vereer ek, Nekukadnesar, die Koning van die hemel. “Alles wat Hy doen, is waar en reg. Almal wat hoogmoedig is, verneder Hy.”
Afrikaans 1933/1953
Nou prys ek, Nebukadn,sar, en ek roem en eer die Koning van die hemel: al sy werke is waarheid en sy paaie is reg, en Hy kan verneder die wat in hulle trotsheid wandel.
Afrikaans 1983
Ek, Nebukadnesar, prys en eer en loof die Koning van die hemel. Alles wat Hy doen, is reg, sy optrede is regverdig. Hy het die mag om hoogmoediges te verneder.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“En ek, Nebukadnesar, besing en verheerlik en eer nou die Koning van die hemele, omdat al sy werke waarheid is en sy paaie reg, omdat Hy hulle wat met trots rondloop, kan verneder.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek, Nebukadnesar, prys die Koning van die hemel, want alles wat Hy doen, is reg. Hy kan hoogmoedige mense verneder.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Daarom loof, prys en eer ek, Nebukadnesar, nou die groot Koning van die hemel. Sy optrede is altyd regverdig en alles wat Hy doen, is goed. Hy het die mag om mense te verneder wat te veel van hulleself dink.”