Daniel 4:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek het 'n droom gesien wat my bang gemaak het, en die gedagtes op my bed en die gesigte van my hoof het my verskrik.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek het toe ’n droom gehad wat my baie banggemaak het. Ek het daar op my bed dinge gesien wat my onrustig gemaak het.
Afrikaans 1933/1953
Ek het 'n droomgesig gesien wat my verskrik het -- droombeelde op my bed en die gesigte van my hoof het my verontrus.
Afrikaans 1983
maar toe het ek 'n droom gehad wat my ontstel het, visioene in my slaap, wat deur my kop gemaal en my laat bang word het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek het 'n droom gehad, en dit het my verskrik. Die droombeelde in my bed en die visioene in my kop het my ontstel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar toe het ek gedroom en ek het iets gesien toe ek gedroom het. Ek het groot geskrik.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Maar toe een aand terwyl ek op my bed gelê en slaap het, het ek ’n skrikwekkende droom met vreesaanjaende visioene gehad.