Daniel 4:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daarom het ek 'n bevel gegee om al die wyse manne van Babel voor my in te bring, sodat hulle my die uitlegging van die droom bekend kan maak.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek het toe opdrag gegee om al die slim manne van Babel na my toe te bring om vir my te kom sê wat die droom beteken.
Afrikaans 1933/1953
Daarop is deur my bevel gegee om al die wyse manne van Babel voor my te bring, dat hulle my die uitlegging van die droom bekend kan maak.
Afrikaans 1983
Daarom het ek 'n bevel uitgevaardig dat al die koninklike raadgewers voor my gebring moes word om vir my die droom uit te lê.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
'n Bevel is deur my uitgevaardig dat al die wyses van Babilonië voor my gebring moes word, sodat hulle die uitleg van die droom aan my bekend kon maak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek het gesê al die wyse mense van Babel moet hier by my bymekaarkom en vir my sê wat die droom beteken.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek het toe beveel dat al die koninklike raadgewers na my toe moes kom om die droom vir my te kom uitlê.