Daniel 4:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe het die towenaars, die sterrekykers, die Chaldeërs en die waarsêers ingekom, en ek het die droom aan hulle vertel; maar hulle het my die uitlegging daarvan nie bekend gemaak nie.
Afrikaans (NLV) 2011
“Toe al die towenaars, besweerders, voorspellers en sterrekykers gekom het, het ek vir hulle gesê wat ek gedroom het. Hulle kon egter nie vir my sê wat dit beteken nie.
Afrikaans 1933/1953
Toe het die geleerdes, die besweerders, die Chaldeërs en die waarsêers gekom, en ek het hulle die droom vertel, maar hulle het sy uitlegging my nie bekend gemaak nie;
Afrikaans 1983
Toe het die towenaars, die voorspellers, die sterrekykers en die besweerders gekom, en ek het hulle die droom vertel, maar hulle kon dit nie vir my uitlê nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe die waarsêerpriesters, die towenaars, die Galdeërs en voorspellers gekom het, het ek die droom aan hulle vertel, maar sy uitleg kon hulle nie aan my bekend maak nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Al die slim mense het gekom, en ek het vir hulle gesê wat ek gedroom het, maar hulle kon nie vir my sê wat die droom beteken nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Al die towenaars, toekomsvoorspellers, sterrevoorspellers en besweerders het toe na my toe gekom. Ek het vir hulle vertel wat ek gedroom het, maar nie een van hulle kon dit vir my verklaar nie.