Daniel 4:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar op die laaste het Daniël voor my ingekom, wie se naam Béltsasar was, volgens die naam van my god, en in wie die gees van die heilige gode is; en voor hom het ek die droom vertel en gesê:
Afrikaans (NLV) 2011
“Op die ou einde het Daniël na my toe gekom. Ek het hom na my god Beltsasar vernoem, want die gees van die heilige gode is in hom. Ek het vir hom vertel wat ek gedroom het.
Afrikaans 1933/1953
totdat eindelik Daniël voor my ingekom het, wie se naam B,ltsasar is, na die naam van my god, en in wie die gees van die heilige gode is; en ek het hom die droom vertel:
Afrikaans 1983
Uiteindelik het Daniël, genoem Beltsasar na die naam van my god en in wie die gees van die heilige gode is, ingekom en ek het hom die droom vertel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Oplaas het voor my verskyn Daniël, wie se naam Beltsasar is – na aanleiding van die naam van my god – en in wie die gees van die heilige gode is. Ek het toe die droom aan hom vertel,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe het Daniël gekom, sy ander naam is Beltsassar. Dit is ook die naam van my god. Dit is die heilige gode wat vir Daniël help, daarom is hy baie slim. Ek het vir hom vertel wat ek gedroom het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Uiteindelik het Daniël, ook genoem Beltsasar na die naam van my god, na my toe gekom. Die Gees van die heilige God is in hom en ek het vir hom van my droom vertel.