Daniel 4:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
O Béltsasar, meester van die towenaars, omdat ek weet dat die gees van die heilige gode in jou is, en geen verborgenheid jou pla nie, vertel my die gesigte van my droom wat ek gesien het, en die uitlegging daarvan.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek het vir hom gesê: ‘Beltsasar, leier van die towenaars, ek weet dat die gees van die heilige gode in jou is. Geen geheim is vir jou te groot nie. Ek sal jou vertel wat ek gedroom het, dan moet jy vir my sê wat dit beteken.
Afrikaans 1933/1953
B,ltsasar, owerste van die geleerdes, van wie ek weet dat die gees van die heilige gode in jou is en dat geen enkele geheim jou kwel nie, vertel my die droomgesigte wat ek gesien het, naamlik die uitlegging daarvan.
Afrikaans 1983
“Ek het vir hom gesê: Beltsasar, hoof van die towenaars, ek weet dat die gees van die heilige gode in jou is en dat geen geheim vir jou onverklaarbaar is nie. Hier is nou my droom, lê dit vir my uit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
‘Beltsasar, hoof van die waarsêerpriesters, ek weet dat die gees van die heilige gode in jou is en geen geheim jou onderkry nie; die visioene in die droom wat ek gehad het – vertel wat die uitleg daarvan is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Ek het gesê: ‘Beltsassar, jy is die hoof van die slim mense. Ek weet die heilige gode help jou, en jy weet dinge wat ander mense nie weet nie. Sê vir my wat beteken my droom. Wat beteken die ding wat ek gesien het toe ek gedroom het?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek het vir hom gesê: Hoofraadgewer Beltsasar, ek weet dat die Gees van die heilige God in jou is en dat daar nie ’n geheim is wat jy nie kan verklaar nie. Kom ek vertel jou wat ek gedroom het, dan verklaar jy dit vir my.