Daniel 5:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek het selfs van jou gehoor dat die gees van die gode in jou is, en dat lig en verstand en voortreflike wysheid in jou gevind word.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek hoor dat die gees van die gode in jou woon en dat jy besondere insig, begrip en wysheid het.
Afrikaans 1933/1953
Ek het van jou gehoor dat die gees van die gode in jou is, en dat verligting en verstand en voortreflike wysheid in jou gevind word.
Afrikaans 1983
Ek het gehoor dat die gees van die gode in jou is en dat jy oor skranderheid, insig en buitengewone wysheid beskik.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek het van jou gehoor, dat die gees van die gode in jou is, en dat helder insig en buitengewone wysheid in jou gevind is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek het gehoor die gode help jou en jy is baie slim.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek het gehoor hulle sê dat die Gees van die heilige God in jou is en dat jy baie slim is en weet hoe om probleme op die regte manier op te los.