Daniel 6:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En toe hy by die kuil kom, het hy met 'n klaaglied na Daniël geroep; en die koning het gespreek en vir Daniël gesê: Daniël, dienaar van die lewende God, is jou God wat jy gedurigdeur dien, in staat om jou te verlos van die leeus?
Afrikaans (NLV) 2011
Met dagbreek die volgende oggend het hy haastig na die leeus se hok toe gegaan.
Afrikaans 1933/1953
Daarop het die koning die môre vroeg toe dit lig word, opgestaan en haastig na die leeukuil gegaan.
Afrikaans 1983
Die volgende môre vroeg toe dit lig word, het hy opgestaan en is hy haastig na die leeukuil toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
In die oggend, teen die eerste lig, het die koning opgestaan en haastig na die leeukuil gegaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe dit lig word, het die koning vinnig na die gat gegaan waar die leeus was.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Vroeg die volgende môre het die koning opgestaan en vinnig na die leeukuil toe gegaan.