Daniel 8:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En ek het 'n man se stem tussen die walle van Ulai gehoor wat roep en sê: Gabriël, laat hierdie man die gesig verstaan.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek het langs die Ulairivier ’n mens se stem hoor roep wat sê: “Gabriël, verduidelik tog vir hierdie man wat die gesig beteken!”
Afrikaans 1933/1953
En ek het 'n mensestem gehoor uit die Ulai wat geroep en gesê het: Gabriël, laat hierdie een die gesig verstaan!
Afrikaans 1983
en ek hoor 'n stem uit die Ulai roep: “Gabriël, verklaar vir Daniël die gesig!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek hoor toe die stem van 'n mens oor die Ulai wat roep en sê: “Gabriël, laat hierdie een die verskyning verstaan.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek het gehoor iemand praat uit die Ulai-rivier. Hy het gesê: “Gabriël, jy moet vir Daniël sê wat beteken die dinge wat hy sien.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe hoor ek ’n stem uit die Ulairivier wat sê: “Gabriël, sê vir Daniël wat die visioen beteken wat hy gesien het!”