Daniel 8:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy het by die ram met twee horings gekom wat ek voor die rivier sien staan het, en hy het na hom gehardloop in die woede van sy krag.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy het met geweld afgestorm op die ram met twee horings wat ek by die rivier sien staan het.
Afrikaans 1933/1953
En hy het na die ram met die twee horings aangekom wat ek voor die rivier sien staan het, en hom in die woede van sy krag stormgeloop.
Afrikaans 1983
Hy het aangekom na die skaapram met die twee horings, wat ek by die rivier sien staan het, en hom met alle mag stormgeloop.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy kom toe tot by die ram met die twee horings wat ek voor die kanaal sien staan het. Toe storm hy met geweldige woede op hom af.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die bok-ram het gekom tot by die ram met die twee horings, die skaap-ram wat ek by die rivier gesien staan het. Die bok-ram het na die skaap-ram toe gehardloop so vinnig soos hy kon.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy was op pad na die skaapram wat ek langs die rivier sien staan het.