Deuteronomy 1:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
(Die HERE, die God van julle vaders, maak julle duisend maal soveel meer as julle, en seën julle soos Hy julle beloof het!)
Afrikaans (NLV) 2011
Mag die Here, die God van julle voorouers, julle selfs duisend keer meer laat word. Mag Hy julle seën soos wat Hy beloof het.
Afrikaans 1933/1953
Mag die HERE, die God van julle vaders, by julle byvoeg duisend maal soveel as wat julle is, en julle seën soos Hy julle beloof het!
Afrikaans 1983
Mag die Here die God van julle voorvaders julle nog duisend maal meer maak en vir julle 'n groot nageslag gee soos Hy julle beloof het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Mag die Here, die God van julle voorvaders, julle nog 'n duisend maal meer maak, ja, mag Hy julle seën soos Hy vir julle gesê het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek bid dat die Here, die God van julle voorvaders, julle nog meer sal maak, 1 000 maal meer, en dat Hy julle sal seën soos Hy belowe het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Mag die Here julle nog duisendvoudig vermeerder soos Hy julle voorouers beloof het. En mag julle almal ryk en gelukkig wees.