Deuteronomy 1:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En ek het julle regters in dié tyd bevel gegee en gesê: Hoor die regsake tussen julle broers en oordeel regverdig tussen elkeen en sy broer en die vreemdeling wat by hom is.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek het hulle wat as regters optree, beveel: ‘Julle moet te alle tye regverdig wees, nie net teenoor mede-Israeliete nie, maar ook teenoor die vreemdelinge wat tussen julle woon.
Afrikaans 1933/1953
En ek het in die tyd aan julle regters bevel gegee en gesê: Neem julle broers in verhoor en oordeel regverdig tussen 'n man en sy broer en die vreemdeling wat by hom is.
Afrikaans 1983
In dieselfde tyd het ek ook julle regters beveel: ‘Verhoor die sake wat daar tussen julle volksgenote kom en lewer regverdige uitsprake, of dit nou is tussen volksgenoot en volksgenoot of tussen volksgenoot en vreemdeling.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ Ek het in daardie tyd julle regters opdrag gegee en gesê, ‘Luister na albei partye en gee 'n regverdige uitspraak tussen volksgenote, en ook tussen 'n volksgenoot en 'n •vreemdeling by hom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Ek het in daardie tyd vir julle regters gesê: ‘Julle moet goed luister na wat almal sê en julle moet reg oordeel wanneer party Israeliete mekaar beskuldig of wanneer 'n Israeliet en 'n vreemdeling mekaar beskuldig.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Destyds het ek vir die regters gesê om altyd fyn na elkeen se saak te luister. Al was dit maar net ’n saak tussen ’n man en sy broer of die vreemdeling wat by hom woon, moes die regters regverdig oordeel.