Deuteronomy 1:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En toe ons van Horeb af weggetrek het, het ons deur die hele groot en vreeslike woestyn getrek wat julle gesien het op die pad van die berg van die Amoriete, soos die HERE onse God ons beveel het; en ons het in Kades-Barnea gekom.
Afrikaans (NLV) 2011
“Ons is toe weg van Sinaiberg af en het deur die groot en skrikwekkende woestyn getrek, wat julle self gesien het. Van daar het ons na die bergwêreld van die Amoriete toe getrek — dit alles net soos wat die Here ons God ons beveel het. Toe ons by Kades-Barnea kom,
Afrikaans 1933/1953
Toe het ons van Horeb af opgebreek, en ons het daardie hele groot en vreeslike woestyn deurgetrek wat julle op pad na die gebergte van die Amoriete gesien het, soos die HERE onse God ons beveel het; en ons het tot by Kades-Barn,a gekom.
Afrikaans 1983
“Ons het van Horeb af weggetrek en ons het deur daardie groot woestyn met al sy gevare getrek, daardie woestyn wat julle self gesien het. Ons het met die pad na die Bergwêreld van die Amoriete toe getrek soos die Here ons God ons beveel het, en ons het by Kades-Barnea uitgekom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ Ons het toe by Horeb kamp opgebreek en deur daardie groot en vreesaanjaende woestyn, wat julle self gesien het, getrek. Soos die Here ons God ons beveel het, het ons met die pad na die bergland van die Amoriete getrek en by Kades-Barnea uitgekom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Ons het weggegaan van Horeb-berg en ons het deur daardie groot woestyn gegaan, julle weet hoe bang ons daar was. Ons het op die pad geloop na die Bergland van die Amoriete en ons het by die stad Kades-Barnea gekom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Die Here het toe gesê ons moet van Horeb af weggaan. Ons het toe ons goed gevat en deur die groot en verskriklike woestyn na die land Kanaän getrek. En so het ons by Kades-Barnea aangekom.