Deuteronomy 1:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
(Daar is elf dae se reis van Horeb af met die pad van die berg Seïr tot by Kades-Barnea.)
Afrikaans (NLV) 2011
Dit vat gewoonlik net elf dae om met die pad langs die Seïrberg verby van die Sinaiberg af tot by Kades-Barnea te kom.
Afrikaans 1933/1953
Elf dae is die pad van Horeb af na die gebergte Se‹r tot by Kades-Barn,a.
Afrikaans 1983
Dit vat elf dae om met die Seïrbergpad van Horeb af by Kades-Barnea te kom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dit neem elf dae vanaf Horeb tot by Kades-Barnea met die pad deur die Seïrberge.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
'n Mens loop elf dae lank op die pad van Horeb-berg na die Seïr-berge, en dan kom jy by die stad Kades-Barnea.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dit het hulle elf dae gevat om van die berg Horeb in die rigting van die Seïrberg tot by Kades-Barnea te trek.