Deuteronomy 1:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Kyk, die HERE jou God het die land voor jou gestel; trek op en neem dit in besit, soos die HERE, die God van jou vaders, aan jou gesê het; moenie bang wees nie, en wees nie moedeloos nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Kyk! Die Here ons God plaas hierdie land voor ons. Gaan en neem dit in besit soos wat die Here, die God van ons voorouers, ons belowe het. Moenie bang wees nie! Moenie moed verloor nie!’
Afrikaans 1933/1953
Kyk, die HERE jou God het die land aan jou oorgegee; trek op, neem dit in besit soos die HERE, die God van jou vaders, jou gesê het; wees nie bevrees en wees nie verskrik nie.
Afrikaans 1983
Kyk, die Here julle God stel die land tot julle beskikking. Trek in, neem dit in besit soos die Here die God van julle voorvaders julle beloof het. Moenie bang wees nie, moenie huiwer nie.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Kyk, die Here julle God bied die land vir julle aan. Trek op, neem dit in besit soos die Here, die God van julle voorouers, vir julle gesê het. Moenie bang wees nie en moet julle nie laat afskrik nie.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle God die Here gee hierdie land vir julle, gaan vat dit vir julle. Die Here, die God van julle voorvaders, het gesê julle moet dit doen. Julle moenie bang wees nie.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
‘Kyk,’ het ek gesê, ‘die Here julle God het hierdie land aan julle gegee. Trek in en vat dit vir julle. Dit is wat die Here, die God van julle voorvaders, wil hê julle moet doen. En moenie bang wees nie. Trek net in.’